We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

The kind of love that animates the inclusivist god is more akin to sentimentalism than God's holy affection. If love means God abandons all of His other attributes, then love itself is deified. The love of God does not dictate that He abandon His justice or holiness. In fact, the glory of the gospel is that God is both just and justifier of the ungodly. God does not allow unregenerate sinners to do as they will, worship what they wish, live as they please, and still go free. In the divine scheme of things, sin demands punishment. The rebellion of self-worship requires wrath. Yet, the God of wrath is no less than the God of mercy. He is the same God. Were God never to have offered salvation to any sinner, His love would still survive unblemished. The reality and riches of God's love is not measured in the number of person's saved, but in the magnificence of the attribute itself.
Ben Mitchell

To submit to anyone less than Christ is difficult in a marriage. Yet it is Christ who commands women to be submissive to their sinful, fallible husbands. In this sense Christ is the silent partner of the marriage. It is hard for a wife to submit when she disagrees with her husband. But when she knows her submission is an act of obedience to Christ and honors Christ, it is much less difficult.
R.C. Sproul

Bible – Afrikaans – Esegiël Chapter 9:1-11.

Index: Afrikaans

 

Esegiël 9

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]

9:1 Daarna het Hy hardop voor my ore geroep en gesê: Kom nader, geregsdienaars van die stad, en elkeen met sy verwoestende wapen in sy hand.

9:2 En kyk, ses manne kom met die pad van die Boonste Poort wat na die noorde toe lê, en elkeen met sy wapen in sy hand om mee te verbrysel; en onder hulle een man wat met linne bekleed was, met ‘n skrywer se inkpot aan sy heupe; en hulle het gekom en vlak by die koperaltaar gaan staan.

9:3 En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gérub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het.

9:4 En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ‘n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word.

9:5 Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie;

9:6 slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was.

9:7 En Hy sê vir hulle: Verontreinig die huis en maak die voorhowe vol met mense wat verslaan word. Trek uit! En hulle het uitgetrek en geslaan in die stad.

9:8 En toe hulle besig was om neer te slaan en ek oorgebly het, het ek op my aangesig geval en uitgeroep en gesê: Ag, Here HERE, gaan U die hele oorblyfsel van Israel vernietig deurdat U u grimmigheid oor Jerusalem uitgiet?

9:9 Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: Die HERE het die land verlaat, en die HERE sien nie.

9:10 Daarom ook, wat My aangaan, my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal hulle wandel op hulle hoof laat neerkom.

9:11 En kyk, die man wat met linne bekleed was, aan wie se heupe die inkpot was, het berig gebring en gesê: Ek het gedoen soos U my beveel het.