We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

[How] justification and sanctification…differ... (a) Justification is the reckoning and counting a man to be righteous for the sake of another, even Jesus Christ the Lord. Sanctification is the actual making a man inwardly righteous, though it may be in a very feeble degree. (b) The righteousness we have by our justification is not our own, but the everlasting perfect righteousness of our great Mediator Christ, imputed to us, and made our own by faith. The righteousness we have by sanctification is our own righteousness, imparted, inherent, and wrought in us by the Holy Spirit, but mingled with much infirmity and imperfection. (c) In justification our own works have no place at all, and simple faith in Christ is the one thing needful. In sanctification our own works are of vast importance and God bids us fight, and watch, and pray, and strive, and take pains, and labor. (d) Justification is a finished and complete work, and a man is perfectly justified the moment he believes. Sanctification is an imperfect work, comparatively, and will never be perfected until we reach heaven. (e) Justification admits of no growth or increase: a man is as much justified the hour he first comes to Christ by faith as he will be to all eternity. Sanctification is eminently a progressive work, and admits of continual growth and enlargement so long as a man lives. (f) Justification has special reference to our persons, our standing in God’s sight, and our deliverance from guilt. Sanctification has special reference to our natures, and the moral renewal of our hearts. (g) Justification gives us our title to heaven, and boldness to enter in. Sanctification gives us our meetness for heaven, and prepares us to enjoy it when we dwell there. (h) Justification is the act of God about us, and is not easily discerned by others. Sanctification is the work of God within us, and cannot be hid in its outward manifestation from the eyes of men.
J.C. Ryle

God’s decretive will [also called His hidden, sovereign or efficacious will] refers to the secret, all-encompassing divine purpose according to which He foreordains whatsoever comes to pass. His preceptive will refers to the commands and prohibitions in Scripture. One must reckon with the fact that God may decree what He has forbidden. That is to say, His decretive will may have ordained that event x shall occur, whereas Scripture, God’s preceptive will [also called His revealed or moral will], orders that event x should not occur.
Sam Storms

Bible – Afrikaans – Die Evangelie volgens Mattheus Chapter 1:1-25.

Index: Afrikaans

 

Die Evangelie volgens Mattheus 1

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]

1:1 Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham:

1:2 Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers;

1:3 en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,

1:4 en Ram die vader van Ammínadab, en Ammínadab die vader van Nagson, en Nagson die vader van Salmon,

1:5 en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Isai,

1:6 en Isai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Uría,

1:7 en Salomo die vader van Rehábeam, en Rehábeam die vader van Abía, en Abía die vader van Asa,

1:8 en Asa die vader van Jósafat, en Jósafat die vader van Joram, en Joram die vader van Ussía,

1:9 en Ussía die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hiskía,

1:10 en Hiskía die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die vader van Josía,

1:11 en Josía die vader van Jegónia en sy broers in die tyd van die Babiloniese ballingskap.

1:12 En ná die Babiloniese ballingskap het Jegónia die vader geword van Seáltiël, en Seáltiël was die vader van Serubbábel,

1:13 en Serubbábel die vader van Abíud, en Abíud die vader van Éljakim, en Éljakim die vader van Asor,

1:14 en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van Elíud,

1:15 en Elíud die vader van Eleásar, en Eleásar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob,

1:16 en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.

1:17 Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.

1:18 Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.

1:19 En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.

1:20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;

1:21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

1:22 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

1:23 Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

1:24 En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem;

1:25 en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.