We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Riches, which all desire to obtain – riches, for which men labor and toil, and become gray before their time – riches are a most perilous possession. They often inflict great injury on the soul. They lead men into many temptations. They engross men's thoughts and affections. They bind heavy burdens on the heart, and make the way to heaven even more difficult than it naturally is.
J.C. Ryle

As it is difficult to convey an idea of color to the blind, or of music to the deaf, so it is difficult to describe to a natural man the peculiar perceptions of one whose eyes have been opened by the Spirit. And the difficulty is not diminished but increased by the fact, that he has a kind of knowledge which is common to him with the true believer, and which is too apt to be mistaken for that which the Gospel requires. Perhaps the nearest approach that we can make to an explanation may be by asking you to conceive of a man who sees, but has no sense of beauty, or of a man who hears, but has no sense of harmony; just such is the case of a natural man, who sees the truth without perceiving its spiritual excellence, and on whose ear the sound of the Gospel falls without awakening music in his soul. Saving knowledge is not a knowledge of the dead letter or outward form of the Gospel, but a knowledge of the truth in “the light, and lustre, and glory of it;” “gustful knowledge” (Thomas Halyburton), which has in it a relish of the truth as excellent: “O taste and see that the Lord is good.”
James Buchanan

Bible – Afrikaans – Joël Chapter 2:1-32.

Index: Afrikaans

 

Joël 2

[1]
[2]
[3]

2:1 Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby–

2:2 ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.

2:3 Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.

2:4 Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle.

2:5 Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ‘n vuurvlam wat die kaf verteer, soos ‘n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.

2:6 Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.

2:7 Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.

2:8 En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid.

2:9 Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ‘n dief.

2:10 Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.

2:11 En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?

2:12 Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.

2:13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;

2:14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ‘n seën sal agterlaat–‘n spysoffer en ‘n drankoffer aan die HERE julle God.

2:15 Blaas die basuin op Sion, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!

2:16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.

2:17 Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?

2:18 Toe het die HERE geywer vir sy land en sy volk verskoon.

2:19 En die HERE het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot ‘n voorwerp van smaad onder die nasies nie.

2:20 Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na ‘n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en ‘n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.

2:21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge!

2:22 Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!

2:23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

2:24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.

2:25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het–my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.

2:26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

2:27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

2:28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

2:29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

2:30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.

2:31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.

2:32 En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.