We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

The thankful heart sees the best part of every situation. It sees problems and weaknesses as opportunities, struggles as refining tools, and sinners as saints in progress.
Francis Frangipane

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 3:1-35.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 3

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

3:1 My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;

3:2 want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.

3:3 Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,

3:4 dan sal jy genade vind en ‘n goeie insig in die oë van God en die mense.

3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

3:6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

3:7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;

3:8 dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

3:9 Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

3:10 dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

3:11 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,

3:12 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.

3:13 Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;

3:14 want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;

3:15 dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

3:16 In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;

3:17 sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.

3:18 Dit is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.

3:19 Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;

3:20 deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.

3:21 My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,

3:22 dan sal dit die lewe wees vir jou siel en ‘n versiersel vir jou hals;

3:23 dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;

3:24 as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.

3:25 Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;

3:26 want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.

3:27 Hou ‘n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

3:28 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee–terwyl jy dit het.

3:29 Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.

3:30 Twis nie sonder oorsaak met ‘n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.

3:31 Wees nie afgunstig op ‘n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.

3:32 Want die verkeerde is vir die HERE ‘n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.

3:33 Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.

3:34 As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.

3:35 Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.