We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

For many churches, designing worship has become most closely associated with that which will best suit the attendees or best attract the hesitant church-
Bill Izard

In the beginning God created the heavens and the earth (Gen. 1:1). …When these words were first written, they presented a challenge to all religions of the world. They made a claim for the God of Israel, the God of the Bible: He alone is God; He alone is the Creator. Ever since, they have challenged the philosophies and world views of mankind, and continue to do so today. They affirm, without reservation, that the universe in which we live is not an accident, not the chance result of “nature” or “evolution.” It is the handiwork of the living God.
Sinclair Ferguson

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 22:1-29.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 22

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

22:1 ‘n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.

22:2 Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.

22:3 ‘n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.

22:4 Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.

22:5 Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.

22:6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.

22:7 Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is ‘n slaaf van die man wat uitleen.

22:8 Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.

22:9 Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.

22:10 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.

22:11 Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is–die koning is sy vriend.

22:12 Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.

22:13 Die luiaard sê: Daar is ‘n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!

22:14 Die mond van die vreemde vroue is ‘n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val.

22:15 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.

22:16 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.

22:17 Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.

22:18 Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.

22:19 Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.

22:20 Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,

22:21 om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?

22:22 Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.

22:23 Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.

22:24 Verkeer nie met ‘n driftige man nie, en met ‘n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,

22:25 sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en ‘n strik vir jouself span nie.

22:26 Wees nie onder die wat ‘n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.

22:27 As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?

22:28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.

22:29 Sien jy ‘n man wat vaardig is in sy werk–hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.