We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Though our feelings come and go, God’s love for us does not.
C.S. Lewis

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 11:1-31.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 11

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

11:1 ‘n Valse weegskaal is vir die HERE ‘n gruwel, maar in ‘n volle gewig het Hy behae.

11:2 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.

11:3 Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle ‘n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.

11:4 Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.

11:5 Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid.

11:6 Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang.

11:7 By die dood van ‘n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.

11:8 Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek.

11:9 Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered.

11:10 Oor die voorspoed van die regverdiges jubel ‘n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.

11:11 Deur die seën van die opregtes kom ‘n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek.

11:12 Die verstandelose verag sy naaste, maar ‘n verstandige man bly stil.

11:13 Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek ‘n saak.

11:14 As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.

11:15 Baie sleg word iemand behandel as hy vir ‘n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.

11:16 ‘n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.

11:17 ‘n Man wat ‘n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar ‘n wreedaard pynig sy eie vlees.

11:18 Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, ‘n betroubare loon.

11:19 Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood.

11:20 Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE ‘n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.

11:21 Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.

11:22 ‘n Goue ring in ‘n vark se snuit, so is ‘n vrou wat mooi is maar sonder beleid.

11:23 Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is ‘n strafgerig van toorn.

11:24 Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.

11:25 Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

11:26 Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.

11:27 Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.

11:28 Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

11:29 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en ‘n dwaas word ‘n slaaf van hom wat wys van hart is.

11:30 Die vrug van die regverdige is ‘n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.

11:31 As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!