We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Ask "What would Jesus do?" Apply the answer!

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 8:1-36.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 8

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

8:1 Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

8:2 Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,

8:3 aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:

8:4 Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.

8:5 Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.

8:6 Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.

8:7 Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe ‘n gruwel.

8:8 Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,

8:9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.

8:10 Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.

8:11 Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

8:12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.

8:13 Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek.

8:14 Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.

8:15 Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;

8:16 deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.

8:17 Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.

8:18 Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.

8:19 My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.

8:20 Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,

8:21 om die wat my liefhet, ‘n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.

8:22 Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.

8:23 Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

8:24 Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;

8:25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;

8:26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

8:27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

8:28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;

8:29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het–

8:30 toe was ek ‘n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,

8:31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.

8:32 Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.

8:33 Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.

8:34 Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.

8:35 Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry ‘n welbehae van die HERE.

8:36 Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.