We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Times change, God doesn't.

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 5:1-23.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 5

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

5:1 My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,

5:2 dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;

5:3 want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,

5:4 maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ‘n swaard aan weerskante skerp.

5:5 Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.

5:6 Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.

5:7 Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

5:8 Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,

5:9 sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;

5:10 sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ‘n uitlander kom nie

5:11 en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,

5:12 en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,

5:13 en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!

5:14 Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.

5:15 Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.

5:16 Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?

5:17 Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.

5:18 Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug–

5:19 die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.

5:20 Maar waarom sou jy, my seun, by ‘n vreemde bedwelmd raak en die boesem van ‘n ontugtige omhels?

5:21 Want elke mens se weë is voor die oë van die HERE, en Hy weeg al sy gange.

5:22 Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.

5:23 Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.