We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Don't confuse God's patience with his final response

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 25:1-28.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 25

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

25:1 Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hiskía, die koning van Juda, versamel het.

25:2 Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.

25:3 Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.

25:4 Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid ‘n voorwerp uitkom;

25:5 verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.

25:6 Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.

25:7 Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! –as dat jy verneder word voor ‘n edele wat jou oë gesien het.

25:8 Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?

25:9 Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ‘n ander se geheim nie,

25:10 sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.

25:11 Goue appels op versierde silwerborde, so is ‘n woord op sy tyd gespreek.

25:12 ‘n Wyse bestraffer by ‘n oor wat luister, is ‘n goue ring en ‘n goue sieraad.

25:13 Soos die verkoeling van sneeu op ‘n oesdag, is ‘n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.

25:14 ‘n Man wat hom beroem op ‘n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.

25:15 Deur lankmoedigheid word ‘n vors oorgehaal, en ‘n sagte tong verbreek die gebeente.

25:16 Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.

25:17 Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.

25:18 ‘n Knopkierie en ‘n swaard en ‘n skerp pyl, so is ‘n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.

25:19 ‘n Slegte tand en ‘n voet wat swik, so is die vertroue op ‘n ontroue in die dag van benoudheid.

25:20 Soos een wat ‘n kleed uittrek op ‘n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat ‘n bedroefde hart met liedere verwelkom.

25:21 As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.

25:22 Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde.

25:23 Die noordewind bring ‘n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat–kwaai gesigte.

25:24 Om te woon op die hoek van ‘n dak, is beter as by ‘n twisgierige vrou en ‘n gemeenskaplike huis.

25:25 Koue water op ‘n vermoeide siel, so is ‘n goeie tyding uit ‘n ver land.

25:26 ‘n Troebel fontein en ‘n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.

25:27 Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is ‘n eer.

25:28 ‘n Afgebreekte stad sonder muur, so is ‘n man wat sy gees nie kan inhou nie.