We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Forgive your enemies - it messes with their heads!

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 9:1-18.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 9

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

9:1 Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,

9:2 haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.

9:3 Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:

9:4 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:

9:5 Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;

9:6 laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.

9:7 Hy wat ‘n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat ‘n goddelose bestraf, vir homself ‘n skandvlek.

9:8 Bestraf ‘n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf ‘n wyse, en hy sal jou liefhê.

9:9 Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.

9:10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.

9:11 Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.

9:12 As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy ‘n spotter, dan moet jy dit alleen dra.

9:13 Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;

9:14 en sy sit by die deur van haar huis, op ‘n stoel op die hoogtes van die stad,

9:15 om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:

9:16 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:

9:17 Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.

9:18 Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.