We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

If we can think and feel and love, our Maker can do all that and more

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 26:1-28.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 26

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

26:1 Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by ‘n dwaas nie.

26:2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ‘n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.

26:3 ‘n Sweep is vir die perd, ‘n toom vir die esel en ‘n roede vir die rug van die dwase.

26:4 Antwoord ‘n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.

26:5 Antwoord ‘n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.

26:6 Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat ‘n boodskap stuur deur middel van ‘n dwaas.

26:7 Soos die bene van ‘n lamme slap afhang, so is ‘n spreuk in die mond van die dwase.

26:8 Soos een wat ‘n klip in ‘n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan ‘n dwaas.

26:9 Soos ‘n doring wat in die hand van ‘n dronkaard geraak het, so is ‘n spreuk in die mond van die dwase.

26:10 Soos ‘n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat ‘n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.

26:11 Soos ‘n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is ‘n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

26:12 Het jy ‘n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir hom.

26:13 Die luiaard sê: Daar is ‘n leeu op die pad, ‘n leeu op die pleine.

26:14 ‘n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.

26:15 Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.

26:16 Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.

26:17 Hy wat ‘n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor ‘n twis wat hom nie aangaan nie.

26:18 Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,

26:19 so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.

26:20 Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.

26:21 Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is ‘n twisgierige man om ‘n twis aan te hits.

26:22 Die woorde van ‘n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.

26:23 Silwerskuim waarmee ‘n potskerf oorgetrek is–so is gloeiende lippe en ‘n slegte hart.

26:24 Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.

26:25 As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.

26:26 Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.

26:27 Wie ‘n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat ‘n klip rol, dit sal na hom terugkom.

26:28 ‘n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en ‘n gladde mond bewerk ondergang.