We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus, what happened to your hands?
Little girl

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 6:1-35.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 6

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

6:1 My seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir ‘n vreemde jou handslag gegee het,

6:2 verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,

6:3 doen dan dit, my seun, om jouself te red–want jy het in die hand van jou naaste geraak–gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste,

6:4 gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;

6:5 red jou soos ‘n gemsbok uit die hand, en soos ‘n voël uit die hand van ‘n voëlvanger.

6:6 Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!

6:7 Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,

6:8 maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.

6:9 Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?

6:10 Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus!

6:11 So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.

6:12 ‘n Deugniet, ‘n kwaaddoener is hy wat met ‘n valse mond rondloop,

6:13 wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;

6:14 in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.

6:15 Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.

6:16 Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel:

6:17 trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,

6:18 ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,

6:19 een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.

6:20 Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

6:21 bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;

6:22 mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.

6:23 Want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysinge van die tug ‘n weg tot die lewe,

6:24 om jou te bewaar vir ‘n slegte vrou, vir die gevlei van ‘n vreemde tong.

6:25 Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;

6:26 want vir ‘n hoer verval ‘n mens tot ‘n stuk brood, en ‘n ander se vrou maak jag op ‘n kosbare lewe.

6:27 Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?

6:28 Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?

6:29 So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.

6:30 ‘n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het;

6:31 en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.

6:32 Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;

6:33 slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;

6:34 want jaloersheid is ‘n toorngloed in ‘n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;

6:35 hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.