We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus Christ: the name on everybody's lips

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 10:1-32.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 10

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

10:1 Die spreuke van Salomo. ‘n Wyse seun verbly die vader, maar ‘n dwase seun is ‘n bekommernis vir sy moeder.

10:2 Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.

10:3 Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.

10:4 Hy word arm wat met ‘n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.

10:5 Hy wat in die somer wegbêre, is ‘n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is ‘n seun wat skande maak.

10:6 Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

10:7 Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.

10:8 Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot ‘n val.

10:9 Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

10:10 Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot ‘n val.

10:11 Die mond van die regverdige is ‘n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

10:12 Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.

10:13 Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.

10:14 Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is ‘n ondergang wat naby is.

10:15 Die goed van die ryke is vir hom ‘n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.

10:16 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.

10:17 ‘n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.

10:18 Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is ‘n dwaas.

10:19 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

10:20 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.

10:21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.

10:22 Die seën van die HERE–dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

10:23 Dit is ‘n vermaak vir ‘n dwaas om ‘n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir ‘n man van verstand.

10:24 Waar die goddelose bang voor is–dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.

10:25 Wanneer ‘n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.

10:26 Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.

10:27 Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.

10:28 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.

10:29 Die weg van die HERE is vir die opregte ‘n vesting, maar ‘n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.

10:30 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.

10:31 Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.

10:32 Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.