We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Forbidden fruits create many jams

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 17:1-28.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 17

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

17:1 Beter is ‘n stuk droë brood en rus daarby as ‘n huis vol offermaaltye met getwis.

17:2 ‘n Verstandige dienaar sal heers oor ‘n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.

17:3 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.

17:4 Die kwaaddoener gee ag op ‘n bedrieglike lip, ‘n leuenaar luister na ‘n tong wat onheil stig.

17:5 Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor ‘n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.

17:6 Kindskinders is ‘n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader ‘n eer.

17:7 Aanmatigende taal pas nie by ‘n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by ‘n edele!

17:8 Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.

17:9 Wie ‘n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat ‘n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

17:10 ‘n Berisping gaan by ‘n verstandige dieper in as om ‘n dwaas honderd maal te slaan.

17:11 Die wederstrewige soek net onheil, maar ‘n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.

17:12 Laat ‘n beer wat van kleintjies beroof is, ‘n mens ontmoet, maar nie ‘n dwaas in sy sotheid nie.

17:13 Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.

17:14 Die begin van ‘n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.

17:15 Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel.

17:16 Waarom tog is daar geld in die hand van ‘n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?

17:17 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.

17:18 Dit is ‘n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.

17:19 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.

17:20 Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.

17:21 Hy wat ‘n dwaas verwek, vir hom sal dit ‘n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.

17:22 ‘n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

17:23 Die goddelose neem ‘n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.

17:24 Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.

17:25 ‘n Dwase seun is ‘n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.

17:26 Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie–om edeles te slaan is onbetaamlik.

17:27 Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand.

17:28 Selfs ‘n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.