Index: Afrikaans
Spreuke van Salomo 18
[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
18:1 Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.
18:2 Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.
18:3 As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.
18:4 Die woorde van ‘n man se mond is diep waters, ‘n stroom wat bruis, ‘n fontein van wysheid.
18:5 Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.
18:6 Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.
18:7 Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ‘n strik vir sy lewe.
18:8 Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
18:9 Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ‘n broer van ‘n verwoester.
18:10 Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.
18:11 Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos ‘n steil muur in sy verbeelding.
18:12 Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.
18:13 Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit ‘n sotheid en ‘n skande wees.
18:14 Die gees van ‘n man ondersteun hom in sy krankheid; maar ‘n verslae gees–wie kan dit opbeur?
18:15 Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.
18:16 Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.
18:17 Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.
18:18 Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.
18:19 ‘n Broer teen wie oortree is, is erger as ‘n sterk stad; en geskille is soos die grendel van ‘n paleis.
18:20 Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.
18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
18:22 Wie ‘n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ‘n welgevalle van die HERE verkry.
18:23 Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge.
18:24 ‘n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ‘n vriend wat sterker aanhang as ‘n broer.