We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

No one knows the pain of rejected love like Jesus

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 21:1-31.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 21

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

21:1 Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.

21:2 Elke weg van ‘n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.

21:3 Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.

21:4 Hoogheid van oë en trotsheid van hart–die glans van die goddelose is sonde.

21:5 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.

21:6 Die verwerwing van skatte deur ‘n valse tong is ‘n verwaaide asem–dodelike valstrikke.

21:7 Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.

21:8 Gekronkeld is die weg van ‘n skuldige mens; maar die reine–sy handeling is reg.

21:9 Dit is beter om op die hoek van ‘n dak te woon as by ‘n twisgierige vrou en ‘n gemeenskaplike huis.

21:10 Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.

21:11 As ‘n mens ‘n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as ‘n mens ‘n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.

21:12 Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.

21:13 Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.

21:14 ‘n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en ‘n geskenk in die skoot die heftige woede.

21:15 Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar ‘n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.

21:16 ‘n Mens wat afdwaal van die pad van verstand, sal in die vergadering van die skimme rus.

21:17 Wie van vrolikheid hou, is ‘n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.

21:18 Die goddelose is ‘n losprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue.

21:19 Dit is beter om in ‘n woeste land te woon as by ‘n twisgierige vrou en ergernis.

21:20 ‘n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar ‘n dwase mens bring dit deur.

21:21 Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.

21:22 Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.

21:23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.

21:24 ‘n Vermetele, ‘n trotsaard word ‘n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.

21:25 Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;

21:26 die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

21:27 Die offer van die goddelose is ‘n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.

21:28 ‘n Leuenagtige getuie kom om; maar ‘n man wat goed toeluister, spreek vir altyd.

21:29 Die goddelose trek ‘n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.

21:30 Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die HERE nie.

21:31 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.