We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

If God should always rock us in the cradle of prosperity; if we were always dandled on the knees of fortune; if we didn’t have some stain on the alabaster pillar; if there weren’t a few clouds in the sky; if we didn’t have some bitter drops in the wine of this life, we should become intoxicated with pleasure, we should dream “we stand;” and stand we should, but it would be upon a pinnacle. Every moment of our lives is in just as much danger as a person asleep upon the mast… Continued worldly prosperity is a fiery trial.
C.H. Spurgeon

The proper understanding of everything in life begins with God. No one will ever understand the necessity of conversion who does not know why God created us. He created us 'in His image' so that we would image forth his glory in the world. We were made to be prisms refracting the light of God's glory into all of life. Why God should want to give us a share in shining with His glory is a great mystery. Call it grace or mercy or love – it is an unspeakable wonder. Once we were not. Then we existed – for the glory of God!
John Piper

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 14:1-35.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 14

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

14:1 Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.

14:2 Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.

14:3 In die mond van die sot is ‘n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.

14:4 Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.

14:5 ‘n Betroubare getuie lieg nie, maar ‘n valse getuie strooi leuens uit.

14:6 Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.

14:7 Gaan weg voor ‘n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.

14:8 Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.

14:9 Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.

14:10 Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan ‘n ander hom nie meng nie.

14:11 Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.

14:12 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

14:13 Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so ‘n blydskap is bekommernis.

14:14 Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.

14:15 Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.

14:16 Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.

14:17 Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en ‘n slinkse man word gehaat.

14:18 Die eenvoudiges verkry sotheid as ‘n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.

14:19 Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.

14:20 Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.

14:21 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.

14:22 Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.

14:23 In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.

14:24 Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.

14:25 ‘n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.

14:26 In die vrees van die HERE lê ‘n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige sal daar ‘n toevlug wees.

14:27 Die vrees van die HERE is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.

14:28 In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.

14:29 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.

14:30 ‘n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ‘n verrotting vir die gebeente.

14:31 Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.

14:32 In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind ‘n toevlug by sy dood.

14:33 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.

14:34 Geregtigheid verhoog ‘n volk, maar die sonde is ‘n skandvlek vir die nasies.

14:35 Die welbehae van die koning is vir ‘n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is ‘n voorwerp van sy grimmigheid.