We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Actions DO speak louder than words. Do Jesus'?

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 13:1-25.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 13

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

13:1 ‘n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar ‘n spotter hoor nie na berisping nie.

13:2 Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is ‘n daad van geweld.

13:3 Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.

13:4 Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.

13:5 Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.

13:6 Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot ‘n val.

13:7 Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.

13:8 Die losprys vir die lewe van ‘n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.

13:9 Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.

13:10 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.

13:11 Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.

13:12 ‘n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ‘n wens wat uitkom, is ‘n lewensboom.

13:13 Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.

13:14 Die onderrig van die wyse is ‘n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.

13:15 ‘n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.

13:16 Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.

13:17 ‘n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar ‘n betroubare boodskapper is ‘n gerusstelling.

13:18 Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.

13:19 ‘n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is ‘n gruwel vir die dwase.

13:20 Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg. Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.

13:21 Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met god vergelde.

13:22 ‘n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.

13:23 Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.

13:24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.

13:25 Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.