Index: Afrikaans
Job 18
[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
18:1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
18:2 Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.
18:3 Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?
18:4 Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn–sal om jou ontwil die aarde verlate wees of ‘n rots uit sy plek versit word?
18:5 Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.
18:6 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.
18:7 Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.
18:8 Want hy raak in ‘n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van ‘n vangkuil.
18:9 ‘n Vangnet gryp sy hakskeen, ‘n strik hou hom vas.
18:10 ‘n Tou is vir hom verberg in die grond en ‘n valstrik vir hom op die pad.
18:11 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.
18:12 Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.
18:13 Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.
18:14 Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.
18:15 Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.
18:16 Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.
18:17 Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.
18:18 Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.
18:19 Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.
18:20 Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.
18:21 Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.