We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: Eternal Combustion Protection

Bible – Afrikaans – Job Chapter 19:1-29.

Index: Afrikaans

 

Job 19

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

19:1 Maar Job het geantwoord en gesê:

19:2 Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?

19:3 Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.

19:4 En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.

19:5 As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,

19:6 weet dan dat Gód my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.

19:7 As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.

19:8 Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.

19:9 My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.

19:10 Hy werp my aan alle kante omver, en–daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos ‘n boom.

19:11 Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.

19:12 As een man kom sy skare aan en baan ‘n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.

19:13 My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.

19:14 My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.

19:15 My bywoners en my slavinne beskou my as ‘n vreemde; ‘n onbekende het ek geword in hulle oë.

19:16 Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.

19:17 My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.

19:18 Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.

19:19 Al my vertroude vriende het ‘n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.

19:20 My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.

19:21 Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!

19:22 Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?

19:23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ‘n boek opgeteken word–

19:24 met ‘n ystergriffel en lood–vir altyd in ‘n rots ingekap!

19:25 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

19:26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;

19:27 Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë–en geen vreemde nie–sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.

19:28 As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! —

19:29 vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar ‘n oordeel is.