We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Ask "What would Jesus do?" Apply the answer!

Bible – Afrikaans – Job Chapter 3:1-26.

Index: Afrikaans

 

Job 3

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

3:1 Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.

3:2 En Job het begin en gesê:

3:3 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: ‘n Seun is ontvang.

3:4 Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.

3:5 Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, ‘n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.

3:6 Daardie nag–mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.

3:7 Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.

3:8 Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.

3:9 Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.

3:10 Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.

3:11 Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?

3:12 Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?

3:13 Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,

3:14 saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;

3:15 of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.

3:16 Of ek sou, soos ‘n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.

3:17 Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.

3:18 Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.

3:19 Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.

3:20 Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;

3:21 wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;

3:22 wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?

3:23 Waarom gee Hy lig aan ‘n man wie se weg verborge is, ‘n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?

3:24 Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.

3:25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.

3:26 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!