Index: Afrikaans
Job 12
[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
12:1 Maar Job het geantwoord en gesê:
12:2 Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
12:3 Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
12:4 Ek moet ‘n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het–‘n belagging is die regverdige, die opregte!
12:5 Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.
12:6 Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
12:7 Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
12:8 of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
12:9 Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?
12:10 In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
12:11 Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
12:12 By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.
12:13 By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.
12:14 Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit ‘n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.
12:15 Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
12:16 By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.
12:17 Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.
12:18 Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind ‘n lyfdoek om hulle heupe.
12:19 Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot ‘n val.
12:20 Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.
12:21 Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.
12:22 Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.
12:23 Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.
12:24 Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in ‘n wildernis, sonder pad.
12:25 Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos ‘n dronk man.