We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Society's rejects have a special place in God's heart

Bible – Afrikaans – Job Chapter 22:1-30.

Index: Afrikaans

 

Job 22

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

22:1 Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:

22:2 Kan ‘n man aan God ‘n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige ‘n diens.

22:3 Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?

22:4 Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?

22:5 Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?

22:6 Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.

22:7 Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.

22:8 Maar aan die man van geweld–aan hom behoort die land; en die aansienlike–hy moet daarin woon!

22:9 Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.

22:10 Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.

22:11 Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?

22:12 Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.

22:13 Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?

22:14 Wolke is ‘n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.

22:15 Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,

22:16 wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos ‘n stroom,

22:17 wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?

22:18 En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)

22:19 Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:

22:20 Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.

22:21 Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

22:22 Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

22:23 As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.

22:24 En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

22:25 Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.

22:26 Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.

22:27 Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.

22:28 Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ‘n lig.

22:29 As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.

22:30 Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.