We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

He who kneels before God can stand before anyone.

Bible – Afrikaans – Job Chapter 4:1-21.

Index: Afrikaans

 

Job 4

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

4:1 Toe antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:

4:2 As ‘n mens dit met ‘n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou–wie kan dit?

4:3 Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.

4:4 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.

4:5 Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae!

4:6 Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?

4:7 Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?

4:8 Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.

4:9 Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.

4:10 Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller–ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.

4:11 Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.

4:12 Verder is ‘n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ‘n gefluister daarvan opgevang,

4:13 by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.

4:14 Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.

4:15 Toe skuif daar ‘n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.

4:16 Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie–‘n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ‘n stem wat sê:

4:17 Sou ‘n sterfling regverdig wees voor God? Of ‘n man rein wees voor sy Maker?

4:18 Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.

4:19 Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos ‘n mot.

4:20 Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.

4:21 Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.