We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

The rapture! Separation of church and state

Bible – Afrikaans – Job Chapter 14:1-22.

Index: Afrikaans

 

Job 14

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

14:1 Die mens uit ‘n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.

14:2 Hy spruit uit soos ‘n blom en verwelk; ook vlug hy soos ‘n skaduwee en hou nie stand nie.

14:3 En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.

14:4 Ag, kon maar ‘n reine voortkom uit ‘n onreine–nie een nie!

14:5 As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,

14:6 kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus–totdat hy soos ‘n dagloner hom tevrede voel met sy dag.

14:7 Want vir ‘n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.

14:8 As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof–

14:9 van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak ‘n tak soos ‘n jong plantjie.

14:10 Maar ‘n man sterwe en is magteloos; ja, ‘n mens blaas die asem uit en–waar is hy?

14:11 Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog–

14:12 so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.

14:13 Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my ‘n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!

14:14 As ‘n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;

14:15 U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.

14:16 Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?

14:17 My oortreding is verseël in ‘n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.

14:18 Maar soos ‘n berg stukkend val as dit neerstort, en ‘n rots versit word uit sy plek;

14:19 die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van ‘n mens–U maak dit tot niet.

14:20 U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.

14:21 Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.

14:22 Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.