We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Actions DO speak louder than words. Do Jesus'?

Bible – Afrikaans – Job Chapter 17:1-16.

Index: Afrikaans

 

Job 17

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

17:1 My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.

17:2 Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.

17:3 Gee tog ‘n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?

17:4 Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.

17:5 Hy wat vriende aanklaag vir ‘n buitaandeel–die oë van sy kinders sal versmag.

17:6 Maar Hy het my ‘n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.

17:7 Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos ‘n skaduwee.

17:8 Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.

17:9 Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.

17:10 Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! ‘n Wyse vind ek onder julle tog nie.

17:11 My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.

17:12 Van die nag maak hulle ‘n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis.

17:13 As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,

17:14 die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,

17:15 waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?

17:16 Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.