We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Have you kept your promise to God?

Bible – Afrikaans – Job Chapter 36:1-33.

Index: Afrikaans

 

Job 36

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

36:1 En Elíhu het voortgegaan en gesê:

36:2 Wag ‘n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.

36:3 Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.

36:4 Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.

36:5 Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie–geweldig deur krag van verstand.

36:6 Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.

36:7 Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.

36:8 Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,

36:9 dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;

36:10 dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.

36:11 As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.

36:12 Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.

36:13 Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.

36:14 So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.

36:15 Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.

36:16 So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na ‘n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.

36:17 Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp.

36:18 Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.

36:19 Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?

36:20 Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.

36:21 Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.

36:22 Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is ‘n leermeester soos Hy?

36:23 Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?

36:24 Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.

36:25 Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.

36:26 Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.

36:27 Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën

36:28 wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.

36:29 Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?

36:30 Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.

36:31 Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.

36:32 Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.

36:33 Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.