We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Luke 1:44 - Life Begins at Conception.

Bible – Afrikaans – Job Chapter 8:1-22.

Index: Afrikaans

 

Job 8

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

8:1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

8:2 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond ‘n geweldige wind wees?

8:3 Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?

8:4 As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.

8:5 As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,

8:6 as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;

8:7 dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.

8:8 Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;

8:9 (want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae ‘n skaduwee op die aarde is;)

8:10 sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?

8:11 Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?

8:12 Nog is dit in sy volle groei–sonder dat dit afgepluk word–dan verdor dit voor al die ander gras.

8:13 So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;

8:14 sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is ‘n spinnerak.

8:15 Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.

8:16 Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.

8:17 Sy wortels is gevleg oor ‘n hoop klippe heen, ‘n kliphuis deurboor hy.

8:18 As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.

8:19 Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!

8:20 Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.

8:21 Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,

8:22 sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose–weg is dit!