We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus is my Lifeguard!

Bible – Afrikaans – Job Chapter 10:1-22.

Index: Afrikaans

 

Job 10

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

10:1 Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.

10:2 Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.

10:3 Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

10:4 Het U vleeslike oë? Of sien U soos ‘n mens sien?

10:5 Is u dae soos die dae van ‘n mens, of u jare soos die dae van ‘n man?

10:6 dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,

10:7 ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?

10:8 U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!

10:9 Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?

10:10 Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?

10:11 Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.

10:12 Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.

10:13 Maar daarby het U dít verberg in u hart, ek weet dat dít u toeleg was:

10:14 As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.

10:15 Was ek skuldig–wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.

10:16 En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos ‘n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.

10:17 U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder–altyd nuwe leërafdelings teen my!

10:18 Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat ‘n oog my gesien het.

10:19 Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.

10:20 Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek ‘n bietjie vrolik kan wees,

10:21 voordat ek heengaan–en nie terugkom nie–na die land van duisternis en doodskaduwee,

10:22 ‘n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee ‘n skynsel–soos middernag!