We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Even when life may be difficult, we should thank God for all He does for us—which we do not deserve.
Billy Graham

Bible – Afrikaans – Job Chapter 27:1-23.

Index: Afrikaans

 

Job 27

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

27:1 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:

27:2 So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het–

27:3 want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus–

27:4 my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!

27:5 Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.

27:6 Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.

27:7 My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.

27:8 Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny–as God sy siel wegneem?

27:9 Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?

27:10 Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?

27:11 Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.

27:12 Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan ‘n ydele hoop?

27:13 Dít is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:

27:14 as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.

27:15 Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.

27:16 As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder–

27:17 hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.

27:18 Hy het sy huis gebou soos ‘n mot en soos ‘n skerm wat die oppasser maak.

27:19 Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en–is nie meer nie.

27:20 Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer ‘n stormwind hom weg.

27:21 Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.

27:22 En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.

27:23 Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek.