We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Can't change? Jesus frees us

Bible – Afrikaans – Job Chapter 6:1-30.

Index: Afrikaans

 

Job 6

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

6:1 Maar Job het geantwoord en gesê:

6:2 Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in ‘n skaal opgehef!

6:3 Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.

6:4 Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.

6:5 Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk ‘n bees by sy voer?

6:6 Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van ‘n eier?

6:7 My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.

6:8 Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!

6:9 En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!

6:10 Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.

6:11 Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?

6:12 Is my krag ‘n krag van klip of my vlees van koper?

6:13 Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?

6:14 Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

6:15 My broers het troueloos gehandel soos ‘n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,

6:16 wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg–

6:17 in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.

6:18 Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.

6:19 Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.

6:20 Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.

6:21 So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.

6:22 Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my ‘n omkoopgeskenk uit julle vermoë?

6:23 Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?

6:24 Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.

6:25 Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig ‘n bestraffing uit, van julle afkomstig?

6:26 Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van ‘n wanhopige is vir die wind!

6:27 Ja, julle sou ‘n wees uitloot en julle vriend verhandel.

6:28 Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.

6:29 Keer tog terug–laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug–nóg is my geregtigheid daar.

6:30 Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?