We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

A lot of church members who are singing "Standing on the Promises" are just sitting on the premises.

Bible – Afrikaans – Job Chapter 29:1-25.

Index: Afrikaans

 

Job 29

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

29:1 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:

29:2 Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;

29:3 toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;

29:4 soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;

29:5 toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;

29:6 toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.

29:7 Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,

29:8 het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.

29:9 Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.

29:10 Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.

29:11 Want het ‘n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het ‘n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.

29:12 Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.

29:13 Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.

29:14 Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos ‘n mantel en ‘n tulband.

29:15 Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.

29:16 ‘n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.

29:17 En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.

29:18 So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.

29:19 My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.

29:20 My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.

29:21 Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.

29:22 Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.

29:23 En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.

29:24 Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.

29:25 Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos ‘n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.