We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: If only you knew . . .

Bible – Afrikaans – Job Chapter 7:1-21.

Index: Afrikaans

 

Job 7

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

7:1 Het die mens nie ‘n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van ‘n dagloner nie?

7:2 Soos ‘n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos ‘n dagloner wat wag op sy werkloon,

7:3 so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.

7:4 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.

7:5 My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.

7:6 My dae is vinniger as ‘n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.

7:7 Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.

7:8 Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my–en ek is daar nie!

7:9 Die wolk verdwyn en gaan heen–so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.

7:10 Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.

7:11 So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.

7:12 Is ek ‘n see, of ‘n groot seedier, dat U ‘n wag teen my opstel?

7:13 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,

7:14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,

7:15 sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.

7:16 Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.

7:17 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?

7:18 En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?

7:19 Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?

7:20 As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot ‘n las is?

7:21 En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.