We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

How impersonal God seems is a measure of the distance you have put between yourself and God

Bible – Afrikaans – Job Chapter 33:1-33.

Index: Afrikaans

 

Job 33

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

33:1 Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.

33:2 Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.

33:3 My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.

33:4 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.

33:5 As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!

33:6 Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.

33:7 Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.

33:8 Sekerlik, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor:

33:9 Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.

33:10 Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my; Hy hou my vir ‘n vyand van Hom.

33:11 Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie.

33:12 Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as ‘n mens.

33:13 Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van ‘n mens nie antwoord nie?

33:14 Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.

33:15 In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,

33:16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;

33:17 om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;

33:18 sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.

33:19 Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,

33:20 sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.

33:21 Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.

33:22 Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.

33:23 Is daar dan vir hom ‘n gesant, ‘n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;

33:24 en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het ‘n losprys gevind–

33:25 dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.

33:26 Hy bid tot God, en Hy het ‘n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.

33:27 Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.

33:28 Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.

33:29 Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met ‘n mens

33:30 om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.

33:31 Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek.

33:32 As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.

33:33 So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.