We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

This is the day the Lord has made! Be glad!

Bible – Afrikaans – Job Chapter 31:1-40.

Index: Afrikaans

 

Job 31

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

31:1 Ek het ‘n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op ‘n jonkvrou?

31:2 Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes–

31:3 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?

31:4 Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?

31:5 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:

31:6 laat Hy my dan weeg op ‘n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!

31:7 As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande ‘n vlek gekleef het–

31:8 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.

31:9 As my hart verlok was oor ‘n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste–

31:10 laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.

31:11 Want dit is ‘n skandelike daad, en dit is ‘n strafbare misdaad.

31:12 Ja, dit is ‘n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.

31:13 As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle ‘n geskil met my gehad het–

31:14 wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?

31:15 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?

31:16 As ek die armes ‘n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het

31:17 en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;

31:18 (veelmeer het hy van my jeug af by my grootgeword soos by ‘n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!)

31:19 as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;

31:20 as sy lendene my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;

31:21 as ek my hand teen ‘n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het–

31:22 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.

31:23 Want die ondergang wat God bewerk, was ‘n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.

31:24 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!

31:25 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;

31:26 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,

31:27 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle ‘n kus toegewerp het–

31:28 ook dit sou ‘n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.

31:29 As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;

31:30 (ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur ‘n vloek sy lewe te vorder nie!)

31:31 as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?

31:32 (die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)

31:33 as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,

31:34 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!

31:35 Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het!

31:36 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as ‘n krans.

31:37 Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as ‘n vors sou ek na Hom toe aankom.

31:38 As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;

31:39 as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het–

31:40 laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.