We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

WARNING: Exposure to the Son may prevent burning.

Bible – Afrikaans – Job Chapter 13:1-28.

Index: Afrikaans

 

Job 13

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

13:1 Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.

13:2 Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.

13:3 Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.

13:4 Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.

13:5 Ag, as julle maar heeltemal sou swyg–dan sou dit vir julle wysheid wees!

13:6 Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.

13:7 Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?

13:8 Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?

13:9 Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos ‘n mens bedrieg word?

13:10 Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.

13:11 Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?

13:12 Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.

13:13 Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.

13:14 Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?

13:15 Kyk, al wil Hy my ombring–ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.

13:16 Ook is dit my tot heil dat ‘n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.

13:17 Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.

13:18 Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.

13:19 Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.

13:20 Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:

13:21 trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.

13:22 Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.

13:23 Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.

13:24 Waarom verberg U u aangesig en hou my vir ‘n vyand van U?

13:25 Wil U ‘n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,

13:26 dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,

13:27 en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U ‘n streep om die sole van my voete;

13:28 en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos ‘n kleed wat die mot verteer.