Index: Afrikaans
Job 15
[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
15:1 Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
15:2 Sal ‘n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind–
15:3 deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?
15:4 Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.
15:5 Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.
15:6 Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.
15:7 Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
15:8 Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?
15:9 Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?
15:10 Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.
15:11 Is die vertroostinge van God vir jou te min, en ‘n woord met sagtheid jou toegespreek?
15:12 Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so–
15:13 dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?
15:14 Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ‘n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
15:15 Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;
15:16 hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!
15:17 Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;
15:18 wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer;
15:19 aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.
15:20 Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.
15:21 Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.
15:22 Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.
15:23 Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis.
15:24 Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos ‘n koning wat gereed staan vir die aanval,
15:25 omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het
15:26 (hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde);
15:27 omdat hy sy gesig met sy vet oordek en ‘n vetlaag op sy heupe gevorm het,
15:28 en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.
15:29 Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.
15:30 Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
15:31 Laat hom nie vertrou op nietigheid nie–hy kom bedroë uit! –want nietigheid sal sy vergelding wees.
15:32 Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie.
15:33 Hy skud sy onryp druiwe af soos ‘n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos ‘n olyfboom.
15:34 Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.
15:35 Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.