We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Consider the popular “I need sex.” When this is elbowed out of the category of desire and lust into the biological, the assumption is that sex is a biological need, nearly identical to food and water. The reasoning is that since it is a biological need, sexual self-control is unnatural, and the only option is to practice “safe” sex. Abstinence, therefore, is both old-fashioned and biologically untenable.
Edward Welch

But why is faith the means of justification? Simply because it is the action of union with Jesus Christ. Faith is our coming to Him, our trusting Him, our resting in Him. The moment we are united to Him, we are immediately endowed with all that He has secured for us. We are immediately justified before we have done a single good deed, because we are His and He is God's. Just as a very poor woman is a very poor woman until the very moment that she marries a wealthy man. But at the moment that she becomes his wife, she becomes a wealthy woman. It is by means of her acceptance that she becomes a wealthy woman, but her acceptance does not make her a wealthy woman; it is her husband's wealth that makes her so. So faith does not justify; Christ justifies. But faith is the act of union with Christ.
John Gerstner

Bible – Afrikaans – Job Chapter 21:1-34.

Index: Afrikaans

 

Job 21

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

21:1 Maar Job het geantwoord en gesê:

21:2 Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.

21:3 Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.

21:4 Wat my aangaan, geld my geklaag dan ‘n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?

21:5 Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.

21:6 Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.

21:7 Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?

21:8 Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.

21:9 Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.

21:10 Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.

21:11 Hulle laat hul jong seuns loop soos ‘n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.

21:12 Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.

21:13 In voorspoed slyt hulle hul dae, en in ‘n oomblik sink hulle in die doderyk af.

21:14 Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.

21:15 Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?

21:16 (Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!)

21:17 Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,

21:18 word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?

21:19 Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!

21:20 Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.

21:21 Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?

21:22 Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?

21:23 Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.

21:24 Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.

21:25 Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.

21:26 Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.

21:27 Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.

21:28 As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose–

21:29 het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):

21:30 dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?

21:31 Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel–wie sal hom dit vergeld?

21:32 Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.

21:33 Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.

21:34 Hoe troos julle my dan op so ‘n nietige manier? En julle antwoorde–net troubreuk bly oor!