Index: Afrikaans
Job 28
[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
28:1 Want vir die silwer is daar ‘n plek waar dit uitkom, en ‘n plek vir die goud wat hulle uitwas.
28:2 Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.
28:3 ‘n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.
28:4 Hy breek ‘n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.
28:5 Die aarde–daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.
28:6 Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.
28:7 ‘n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;
28:8 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.
28:9 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.
28:10 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.
28:11 Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.
28:12 Maar die wysheid–waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?
28:13 Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.
28:14 Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.
28:15 Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.
28:16 Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.
28:17 Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil ‘n mens dit nie.
28:18 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.
28:19 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.
28:20 Die wysheid dan–waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?
28:21 Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.
28:22 Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.
28:23 God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.
28:24 Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.
28:25 Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,
28:26 toe Hy vir die reën ‘n wet gestel het en ‘n weg vir die onweerstraal,
28:27 toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
28:28 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.