We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

An active faith can give thanks for a promise, though it be not as yet performed, knowing that God’s bonds are as good as ready money.
Matthew Henry

Bible – Afrikaans – Job Chapter 38:1-38.

Index: Afrikaans

 

Job 38

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

38:1 Daarna het die HERE Job uit ‘n storm geantwoord en gesê:

38:2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?

38:3 Gord dan soos ‘n man jou heupe–dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.

38:4 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

38:5 Wie het sy afmetinge bepaal? –jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?

38:6 Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?

38:7 Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?

38:8 En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?

38:9 Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.

38:10 Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;

38:11 en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word ‘n grens gestel vir jou trotse golwe.

38:12 Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,

38:13 om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?

38:14 Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder ‘n seël; en die dinge kry gestalte soos ‘n kleed.

38:15 En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.

38:16 Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?

38:17 Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?

38:18 Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.

38:19 Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis–waar is tog sy plek,

38:20 sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?

38:21 Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!

38:22 Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,

38:23 wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?

38:24 Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?

38:25 Wie het ‘n kanaal gesplyt vir die stortvloed en ‘n pad vir die onweerstraal;

38:26 om te laat reën op ‘n land waar geen mens is nie, op ‘n woestyn waar niemand woon nie;

38:27 om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?

38:28 Het die reën ‘n vader? Of wie verwek die doudruppels?

38:29 Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel–wie baar dit?

38:30 Die waters word hard soos ‘n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.

38:31 Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Oríon losmaak?

38:32 Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?

38:33 Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?

38:34 Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat ‘n oorvloed van water jou oordek?

38:35 Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!

38:36 Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

38:37 Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel–wie giet hulle leeg

38:38 wanneer die stof saamvloei tot ‘n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?