We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

The example of Jesus and the testimony of lovers of Christ throughout the centuries points us to early morning prayer as decisively important… First, it signals to our conscience that this is of first importance in the day. Second, it strikes the first blow in the battle of the day, instead of waiting till we are besieged from all sides. Third, what we do daily and do early shapes the spirit of our minds and brings us into a disposition of humility and trust that will bear better fruit than anxiety or self-reliance. Fourth, since beginning the day with the Word of God is crucial, prayer is equally crucial since the Word will not open its best wonders to us without prayer (Psm. 119:18). Fifth, it is uncanny how Satan can use even good things to squeeze prayer out of our schedule if we miss the early-morning hour. I have seen it again and again. If I say to myself, “I will give some time to prayer later,” it generally does not happen.
John Piper

Why do soldiers first experience boot camp? Because they need to be taught how to push their body, overcome the desire to quit and grow beyond the pain. The mind way too often gives in before the body gives out. Likewise, why did the Apostle Paul say, “I discipline my body and make it my slave” (1 Cor. 9:27). The Christian life is not about listening to our bodies and giving into its desires (gluttony, drunkenness, slothfulness, sexual immorality), but rather mastering our bodies and making the body a slave to a biblically controlled mind. This is the difference between being controlled by the flesh or being led by the Spirit (Gal. 5). Exercise, in order to be effective, pushes the body beyond its comfort zone. Diets push the body beyond its comfort zone. These make the body your slave and no longer your master. These produce discipline. And coming full circle, discipline is essential for us to mortify sin (cf. 1 Pet. 4:1-2).
Randy Smith

Bible – Afrikaans – Job Chapter 30:1-31.

Index: Afrikaans

 

Job 30

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

30:1 En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit–mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.

30:2 Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.

30:3 Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;

30:4 hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.

30:5 Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor ‘n dief.

30:6 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

30:7 Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar–

30:8 dwase, ja, eerlose mense wat met ‘n sweep uit die land geslaan word.

30:9 En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.

30:10 Hulle het ‘n afsku van my, staan op ‘n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.

30:11 Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.

30:12 Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.

30:13 My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self ‘n helper het.

30:14 Soos deur ‘n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.

30:15 Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos ‘n wolk het my geluk verbygegaan.

30:16 Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.

30:17 Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.

30:18 Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.

30:19 Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.

30:20 Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.

30:21 U is jeens my verander in ‘n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.

30:22 U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.

30:23 Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.

30:24 Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie?

30:25 Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?

30:26 Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.

30:27 My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.

30:28 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.

30:29 Ek het ‘n broer geword vir die jakkalse en ‘n vriend vir die volstruise.

30:30 My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.

30:31 So het dan my siter ‘n rouklag geword en my fluit ‘n stem van die wat ween.