We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: power to break life-controlling problems

Bible – Afrikaans – Job Chapter 20:1-29.

Index: Afrikaans

 

Job 20

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

20:1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

20:2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.

20:3 ‘n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.

20:4 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:

20:5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir ‘n oomblik?

20:6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke–

20:7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?

20:8 Soos ‘n droom vlieg hy weg, sodat ‘n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos ‘n naggesig.

20:9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.

20:10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.

20:11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.

20:12 Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,

20:13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte–

20:14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.

20:15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.

20:16 Die gif van adders suig hy in, die tong van ‘n slang maak hom dood.

20:17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.

20:18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.

20:19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; ‘n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.

20:20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.

20:21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.

20:22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.

20:23 Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.

20:24 Hy sal vlug vir die ysterwapens–‘n koperboog sal hom deurboor.

20:25 Hy trek–daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!

20:26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; ‘n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.

20:27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.

20:28 Weggevoer word die opbrings van sy huis–goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.

20:29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.