We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Sin is the cause of all the sickness, and disease, and pain, and suffering, which prevail on the earth. They are all a part of that curse which came into the world when Adam and Eve ate the forbidden fruit and fell. There would have been no sickness, if there had been no fall. There would have been no disease, if there had been no sin.
J.C. Ryle

The first [caveat] is concerning the matter which we hear, “Take heed what you hear,” (Mark 4:24). We must hear nothing with approval except what we know to be the word of God. We must, therefore, be well acquainted with the Scriptures ourselves, and by them test the things which we hear, whether they are the word of God or not, as the men of Berea did, Acts 17:11. The second caveat is concerning the manner of hearing, “Take heed how you hear,” (Luke 18:18). That which we know to be grounded upon the Scriptures we must receive, “not as the word of men, but, as it is in truth, the word of God,” (1 Thess. 2:13). We must with reverence attend to it; we must in our hearts believe, and we must in our lives obey it.
William Gouge

Bible – Afrikaans – Job Chapter 37:1-24.

Index: Afrikaans

 

Job 37

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

37:1 Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.

37:2 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.

37:3 Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.

37:4 Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.

37:5 God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.

37:6 Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.

37:7 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.

37:8 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.

37:9 Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.

37:10 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.

37:11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;

37:12 en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:

37:13 óf tot ‘n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.

37:14 Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.

37:15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?

37:16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?

37:17 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind–

37:18 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos ‘n gegote spieël?

37:19 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.

37:20 Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?

37:21 En nou, ‘n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.

37:22 Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.

37:23 Die Almagtige–ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

37:24 Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.