We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

God makes it, we mess it

Bible – Afrikaans – Job Chapter 34:1-37.

Index: Afrikaans

 

Job 34

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

34:1 Verder het Elíhu aangehef en gesê:

34:2 Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!

34:3 Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.

34:4 Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.

34:5 Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.

34:6 Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!

34:7 Waar is ‘n man soos Job wat godslastering drink soos water?

34:8 Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?

34:9 Want hy het gesê: Dit baat ‘n man niks dat hy ‘n welgevalle aan God het nie.

34:10 Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!

34:11 Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens ‘n man se wandel laat Hy hom ondervind.

34:12 Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.

34:13 Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?

34:14 As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,

34:15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.

34:16 As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

34:17 Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?

34:18 Durf iemand aan ‘n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!

34:19 Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.

34:20 In ‘n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word ‘n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf–nie deur ‘n hand nie.

34:21 Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.

34:22 Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.

34:23 Want Hy hoef nie lank op ‘n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.

34:24 Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.

34:25 So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.

34:26 Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,

34:27 omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie–

34:28 om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.

34:29 En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? –of dit al ‘n nasie betref of ‘n mens, almal saam;

34:30 sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.

34:31 Want sê iemand wel tot Gód: Ek boet sonder dat ek sleg handel;

34:32 wat ek nie insien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie–

34:33 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet–spreek dit uit!

34:34 Manne van verstand sal vir my sê, en ‘n wyse man wat my aanhoor:

34:35 Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.

34:36 Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.

34:37 Want hy voeg ‘n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.