We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

That man is truly happy who can say of all his substances, be it little or be it much, 'The Lord gave it to me'.
Charles Spurgeon.

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 9:1-21.

Index: Afrikaans

 

Psalms 9

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

9:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Sterf vir die Seun. ‘n Psalm van Dawid.

9:2 Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.

9:3 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,

9:4 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.

9:5 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!

9:6 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.

9:7 Die vyande het omgekom- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.

9:8 Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.

9:9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.

9:10 So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid.

9:11 En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!

9:12 Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.

9:13 Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.

9:14 Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;

9:15 sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.

9:16 Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.

9:17 Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.

9:18 Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.

9:19 Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.

9:20 Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!

9:21 o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.