We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Quit griping about your church; if it was perfect, you couldn't belong.

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 35:1-28.

Index: Afrikaans

 

Psalms 35

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

35:1 ‘n Psalm van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!

35:2 Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!

35:3 En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!

35:4 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!

35:5 Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.

35:6 Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!

35:7 Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.

35:8 Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!

35:9 Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.

35:10 Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!

35:11 Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.

35:12 Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.

35:13 En ek- toe hulle siek was, het ek ‘n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.

35:14 Ek het rondgegaan asof dit ‘n vriend, asof dit ‘n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.

35:15 Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.

35:16 Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.

35:17 Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.

35:18 Ek sal U loof in ‘n groot vergadering; onder ‘n groot skare sal ek U prys.

35:19 Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!

35:20 Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.

35:21 En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!

35:22 HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!

35:23 Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.

35:24 Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!

35:25 Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!

35:26 Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!

35:27 Laat húlle jubel en bly wees wat ‘n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat ‘n welbehae het in die vrede van sy kneg!

35:28 En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.