We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Ministry Is The Result of Intimacy With God

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 44:1-27.

Index: Afrikaans

 

Psalms 44

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

44:1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Onderwysing.

44:2 o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: ‘n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.

44:3 U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.

44:4 Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U ‘n welbehae in hulle gehad het.

44:5 U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.

44:6 Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.

44:7 Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;

44:8 maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.

44:9 In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.

44:10 En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.

44:11 U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.

44:12 U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.

44:13 U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.

44:14 U maak ons ‘n smaad vir ons bure, ‘n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

44:15 U maak ons ‘n spreekwoord onder die nasies, ‘n hoofskudding onder die volke.

44:16 My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;

44:17 weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.

44:18 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.

44:19 Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,

44:20 alhoewel U ons verbrysel het in ‘n plek van jakkalse en ons met ‘n doodskaduwee oordek.

44:21 As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na ‘n vreemde god-

44:22 sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.

44:23 Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.

44:24 Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!

44:25 Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?

44:26 Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.

44:27 Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!