We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Time: A longing in man for reuniting with God.

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 49:1-21.

Index: Afrikaans

 

Psalms 49

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

49:1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm.

49:2 Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,

49:3 geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!

49:4 My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.

49:5 Ek sal my oor neig tot ‘n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.

49:6 Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring-

49:7 die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?

49:8 Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie

49:9 (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),

49:10 dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.

49:11 Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.

49:12 Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.

49:13 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.

49:14 Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde ‘n behae het. Sela.

49:15 Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.

49:16 Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.

49:17 Wees nie bevrees as ‘n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;

49:18 want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.

49:19 Al ag hy homself gelukkig in sy lewe- en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen-

49:20 tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.

49:21 Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.