We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

You can spurn God's love for only so long

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 145:1-21.

Index: Afrikaans

 

Psalms 145

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

145:1 ‘n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.

145:2 Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.

145:3 Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.

145:4 Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.

145:5 He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.

145:6 Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.

145:7 Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.

145:8 Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

145:9 Tet. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.

145:10 Jod. Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U.

145:11 Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,

145:12 Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.

145:13 Mem. U koninkryk is ‘n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.

145:14 Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is.

145:15 Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd.

145:16 Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.

145:17 Sade. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke.

145:18 Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.

145:19 Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.

145:20 Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.

145:21 Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.