We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Sunsets - a gift from God

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 81:1-17.

Index: Afrikaans

 

Psalms 81

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

81:1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. ‘n Psalm van Asaf.

81:2 Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!

81:3 Hef aan ‘n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.

81:4 Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.

81:5 Want dit is ‘n insetting vir Israel, ‘n verordening van die God van Jakob.

81:6 Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. ‘n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:

81:7 Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos.

81:8 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.

81:9 Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!

81:10 Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor ‘n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.

81:11 Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.

81:12 Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.

81:13 Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.

81:14 Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!

81:15 Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.

81:16 Die haters van die HERE sou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees.

81:17 Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.